RIVERSDAL NUUS - Die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-Huis in Riversdal spog met 'n pragtige 'nuwe' gebou, nadat die geroeste dak wat lekkasies binne veroorsaak het, vervang is en die restourasie en verf van die mure amper voltooi is.
"Dit is moontlik gemaak deur twee skenkings waarvoor ons twee jaar na mekaar aansoek gedoen het en waarby 'n erfenis-argitek betrokke is.
Die toekennings is toe deur 'n trust gedoen," sê Louise du Plessis, kurator van die museum. "Riversdal se top erfenis-besoekpunt is waarlik 'n fees om te ervaar!"
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'