HESSEQUA NUUS - Die mans en vroue wat die brande in die omgewing van Vermaaklikheid naby Riversdal onder beheer prober bring het die gemeenskap bedank vir die bystand en vir die water en kos wat na die aflaaipunte geneem is.
Dit het die brandbestryders deur die dag en nag gebring, maar voorrade is nou af na net 20% van die items wat benodig word. Die brandbestryders het versoek dat mense vandag weer voorrrade aan die dapper stryders skenk.
Die brandweermanne en -vroue benodig water, energiedrankies soos Energade, oogdruppels en kos. Die skenkings kan weer by die volgende punte afgelewer word:
- Engen Stilbaai
- Putstop Droëvlakte
- De Handelshuis Riversdal
- Engen Heidelberg
Die voorrade sal elke drie ure deur die Goukou-plaaswag opgetel word.
Die brandbestryders bedank die gemeenskap hartlik vir elkeen se bydrae.
Lede van Working on Fire.
Boere
Sou daar nog boere wees wat bakkie sakkies,tot hulle beskikking het meld asseblief aan by die kerk in Vermaaklikheid. Daar sal Sarel Peens julle ontvang.
Ons sal weer elke 3 ure by die optel punte draai en voorrade deurneem.
Daar is 'n groot nood vir oogdruppels.
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'