HEIDELBERG NUUS - Jo-Ané, oud-leerder van Hoërskool Heidelberg en dogter van Johan en Marjo van Dyk van die plaas Karringmelksrivier net buite Heidelberg, het die SA Olimpiese span as spiesgooier behaal.
Reeds sedert haar laerskooldae het Jo-Ané verskeie nasionale spanne verteenwoordig, maar het haar vanaf graad 11 op spiesgooi toegespits.
Sedert 2016 het sy aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroomkampus begin studeer, waar sy onder Tertius Liebenberg haar talent verder ontwikkel het.
Sy spog met 'n persoonlike beste afstand van 61.19 meter, wat sy onlangs in die Tseggiese Republiek verwerf het.
Jo-Ané en die span vlieg op 21 Julie na Tokio.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'