Update
HEIDELBERG NUUS - Die beperking van die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) is Suid-Afrika se top prioriteit op die oomblik. Huis Zenobia du Toit in Heidelberg is veral daarop gefokus om te verseker dat hul inwoners gedurende hierdie onsekere tyd, steeds kwaliteit dienslewering ontvang.
Die nasionale inperking het die ouetehuis se fondsinsameling-funksies taamlik in die wiele gery en is hulle nou soveel meer van die ondersteuning vanuit die gemeenskap en ander instansies afhanklik.
'n Dringende behoefte het ontstaan om die vloerbedekking in die siekeboeg-afdeling te vervang. BVSA het 'n bydrae tot hierdie fondsinsameling gelewer en volgens die bestuur en personeel sien hulle daarna uit om die eindproduk te sien.
"In tye soos hierdie is daar niks lekkerder om te help verseker dat die inwoners van Huis Zenobia du Toit die nodige ondersteuning kry vanuit die gemeenskap."
Vorige artikel: Huis Zenobia du Toit kry hulp
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'