Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Eienaars van haarsalonne op Stilbaai is in die wolke nadat hulle weer Maandag 29 Junie hul deure kon oopmaak vir kliënte.
Suid-Kaap Forum het by 'n paar salonne gaan inloer.
By elkeen was alles in plek: spuitbottels met saniteerder was by die deure, kliënte se temperatuur word gemeet voor hul mag ingaan en 'n besoekerslys word voltooi.
Ook binne die salonne kon 'n mens behoorlik van die vloer af eet, die stoele is die nodige afstand van mekaar en saniteringsbottels was by elke spieëltafel.
Fotogalery: Haarsalonne is weer oop
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'