STILBAAI NUUS - Wat vir twee studente van Pretoria begin het na 'n soektog vir pampoentjies tussen die rotse het uitgeloop op die ontdekking van vermoedelik die geraamte van 'n mens se regtervoet.
Christiaan Roux, 'n mediese student van Pretoria en Megan Meiring, ook 'n student, het op die voet afgekom en hy het onmiddellik gesien dat dit die voet van 'n mens is.
Die Stilbaai Polisie is ontbied en hulle het die toneel beveilig en die polisie se patologie afdeling in kennis gestel.
Hulle sal nou die ondersoek verder voer.
Volgens van die omstanders kan voorwerpe baie ver dryf in springgety, wat nou die geval is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’