Breaking News
HEIDELBERG NUUS - Verkeer word erg ontwrig op die N2 sowat 10 km buite Heidelberg nadat 'n groot trok wat beeste vervoer het trompop met 'n passasiermotor gebots het.
Dit blyk of al vier inisttendes van die Audi op die toneel oorlede is, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie. Die geslag van die oorledenes kon ook nog nie vasgestel word nie.
Die bestuurder van die trok is met veelvuldige beserings na die naaste hospitaal vervoer.
Verkeersdienste en forensiese personeel is reeds geruime tyd op die toneel en nooddienste spook om die slagoffers uit die wrak te verwyder.
Die pad is steeds gesluit en 'n stop-en-ry-blokkade word deur verkeersdienste gehandhaaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’