RIVERSDAL NUUS - Skof D van die plaaslike polisie het op Vrydag 16 Februarie in 'n dwelmoperasie twee persone in hegtenis geneem wat met dwelms handel gedryf het.
'n 41-jarige man en 'n vrou van 37 is met tik en Mandrax in hul besit betrap. Die polisie het op 12 sakkies tik (110 gram), 128 Mandrax-tablete en R3190 kontant beslag gelê.
Die verdagtes sal Maandag in die Riversdal-landroshof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’