RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het die sesde en laaste van 'n reeks skilderye wat die hoofdorpe in die Hessequa-streek uitbeeld, in ontvangs geneem.
Die skilder, Ferdo Voigt van Gouritsmond het op Woensdag, 18 November sy uitbeelding van dié kusdorpie aan die kantoor oorhandig. Hy noem dit Reflecting in Gourits.
In 'n volgende artikel sal al ses skilderye verskyn. Dit sluit in Stilbaai deur Louis Hiemstra, Albertinia deur Des Smith, Heidelberg deur Louise Kluyts, Riversdal deur Marilise Lombard, Witsand deur Francois Gunter en Gouritsmond deur Ferdo Voigt.
Verwante artikels:
- Rustige Witsand op skilderdoek uitgebeeld
- Hooikraal word op doek verewig
- Sierlike aalwyne verbeeld Alertinia
- Stilbaai in verf vasgevang
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'