Die plaaslike polisie, brandweer en Hessequa verkeer was betrokke. Praatjies oor droom groot, selfbeeld, uitreik na jou medemens en natuurbewaring is gehou.
Daar is ook meer vertel oor dwelms, molestering en misdaad. 'n Groot groep kinders (77) het die projek bygewoon en boekmerke is gemaak en lapverfwerk gedoen.
Die GPF bedank al die borge vir donasies, asook hulp met 'n spesiale dank aan konst. Prins en a.o Louw, Daantjie Kat van die verkeersdepartement en mnr. Brain Afrikander van die plaaslike brandweer.
Die kinders het 'n kruis gemaak met skulpe wat nou uitgestal word by die Gouritsmond gemeenskapsaal.

'n Groot groep kinders van Gouritsmond het aan die spesiale projek van die plaaslike GPF deelgeneem.

So lyk 'n brandweerman!

Daantjie Kat van die verkeersdepartement het ook by die kinders ingeloer.