STILBAAI NUUS - Die Kerskonsert vind op Vrydag 8 Desember om 19:00 in die Stilbaai-gemeenskapsaal plaas en beloof om die Kers- en vakansieseisoen feestelik in te lei.
Die Stilbaai-sangers gaan weer soos met die vorige twee konserte optree.
Die drie kore wat die Stilbaai Sangers uitmaak is die mannekoor, die Disa-dameskoor en die Seisoene Sangers wat uit sowel mans- as damesstemme bestaan. Daarbenewens sal verskeie uitstekende soliste, sangers in groepe en instrumentaliste bydra om die aand besonders te maak.
Toegang is gratis, maar ‘n vrywillige kollekte word opgeneem ten bate van diensorganisasies soos Jagersbosch-gemeenskapsentrum en Badisa Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’