GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Daar was vanoggend 'n gewapende roof by die poskantoor op Groot-Brakrivier.
Kommunikasiebeampte, Sersant Laurianne Botha sê die vier verdagtes het die werknemers van die poskantoor met vuurwapens gedreig en hulle gedwing om geld wat in die poskantoor se kluis was te oorhandig.
Die verdagtes het ook die sekuriteitsbeampte van Fidelity Guards wat daagliks by die poskantoor werk, van sy vuurwapen beroof.
Die verdagtes het daarna met ‘n onbekende bedrag kontant te voet gevlug.
Die polisie het bevestig dat al vier mans gewapen was.
ARTIKEL: SUSTERSKOERANT, MOSSEL BAY ADVERTISER
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'