STILBAAI NUUS - 'n Voertuig en boot wat Sondag 30 Desember by die hawehoof gesteel is, is die volgende dag deur lede van die plaaslike polisie teruggevind.
Christiaan Scholtz (27) is in verband met die diefstal op Melkhoutfontein gearresteer nadat die boot en voertuig in sy besit gevind is.
"Die klaer se voertuig was by die hawehoof (jetty) geparkeer met die boot klaar gehaak. Hy was besig om goed skoon te maak, toe hy opmerk dat iemand met sy voertuig wegry," het ao. Morné D'Emiljo, plaaslike polisiewoordvoerder verduidelik.
Scholtz het reeds in die hof verskyn.
Volgens hom is die saak aan die voertuigdiefstaleenheid oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'