HESSEQUA NUUS - Na aanleiding van die gerugte wat in die omloop is oor ingewandskoors, het Hessequa-munisipaliteit in ‘n persverklaring genoem dat die water al die dorpe in die streek veilig is.
“Dit word weekliks aan SANAS geakkrediteerde toetse onderwerp. Die neem van monsters en toetsing word uitgevoer deur 'n bekende water- en afvalwater spesialis, wat sertifiseer dat ons aan nasionale vereistes voldoen.
“Alle parameters wat gemeet word, word noukeurig gemonitor en regstellende maatreëls vind plaas wanneer nodig.”
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'