Gallery Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Dit is Kinderbeskermingsweek en om meer bewusmaking daaroor te kweek, het die personeel van Kindersorg Albertinia 'n optog geïnisieer wat Woensdag, 2 Junie deur die dorp se strate beweeg het.
Vanjaar se tema is "Let us all protect children, during Covid-19 and beyond".
Volgens Eufracia Opperman, gemeenskapsontwikkelingswerker verwys die "Genoeg is Genoeg"- banier verwys na die bekamping van kindermishandeling en ook om die regte van kinders te bevorder.
Fotogalery: Albertinia Kindersorg hou optog vir Kinderbeskermingweek
"Daar is verskeie maniere om jou kind te probeer beskerm. Leer hulle van kleins af om nie met vreemdelinge te praat nie. Leer hulle ook om nie die deur by die huis vir vreemdelinge oop te maak nie." Sy het benadruk dat, indien 'n voertuig by 'n kind stop, hy of sy so vinnig as moontlik moet weghardloop en om hulp skree. "Moenie lekkers van vreemdelinge aanvaar nie. Ons wil vir ons kinders 'n veilige plek skep waar hulle kan leef, lewe én speel."
Opperman het bygevoeg dat hierdie stappe kan voorkom dat 'n kind ontvoer, verkrag of vermoor en deel van die land se misdaadstatistiek word. "Dis ons verantwoordelikheid om ons kinders te beskerm."
En met "ons" bedoel sy 'n kind se ouers, die gemeenskap, bure, vriende, die polisie en welsyn.
Dis almal se verantwoordelikheid.
Kyk 'n video hieronder:
'n Groot groep kinders het ook aan die optog deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'