STILBAAI NUUS - Na 'n beroep deur Clifton Donald om die stuk bos tussen Jagersbosch en die Engen garage in Stilbaai skoon te maak het omtrent 20 mense opgedaag gepantser met handskoene om hulle deel te doen.
'n Groep het daar gewoel en ander het 'n stuk by erf 657 oorkant die hengelklub getakel.
Binne 90 minute is meer as 100 geel vullissakke volgemaak en gepak vir die munisipaliteit om dit weg te ry.
Dit is ongelooflik hoeveel vullis in die bosse rondlê, onsigbaar van die pad af.
Daar kan net weereens 'n beroep gedoen word op die gemeenskap om nie klere en kos te gee vir die bosslapers nie. Hulle is die grootste sondaars met die morsery in die bosse.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’