STILBAAI NUUS - Tollie (93) en Maxi (91) Boshoff van Huis Lekkerbly op Stilbaai vier Dinsdag 11 Junie ’n volle 70 jaar van getroude lewe.
Volgens Tollie is die resep vir hulle lang en gelukkige huwelik eenvoudig: Alles kom uit beide se intieme verhouding met die Here.
Die egpaar het in Julie 2017 vanaf Heidelberg, Gauteng saam met hulle kinders na Stilbaai verhuis.
Albei verkeer in redelik goeie gesondheid, hoewel Maxi ’n bietjie demensia het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'