RIVERSDAL NUUS - Die geel stof wat in die Korenterivierdam is, is nie skadelik nie.
Dit is volgens Aldo Otto van die Korenterivier Besproeiingsraad, wat ondersoek gaan instel het nadat Suid-Kaap Forum hom telefonies gekontak het.
'n Plaaslike inwoner Jurie Wepener, het die foto wat hy die afgelope naweek geneem het aan die koerant gestuur. "Dit lyk soos olie en kan dalk wees dat dit uit 'n boot gelek het," het hy gesê.
Otto het dadelik ondersoek gaan instel. "Dit is stuifmeel van die dennebome en ander plantegroei in die omgewing," het hy laat weet.
"Dit gebeur jaarliks en daar is geen rede tot kommer nie. Vanjaar is dit nie eens so baie soos vorige jare nie."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'