Update
RIVERSDAL NUUS - Die Garciapas is oop vir verkeer, maar alle staproetes is steeds gesluit en die publiek word gevra om uit die natuurlike gebiede in die omgewing te bly.
Gister (4 November) is 65 mense vir hulle eie veiligheid ontruim en na die Riversdal rugbystadion geneem.
Ongeveer 8 352 hektaar het in die gebied gebrand.
In die Hessequa-gebied word vure nog in die Boosmansbos Wildernes (Swellendam), Garcia en Kruisrivier beveg.
Die vure word bestry met brandbestryders en hulpbronne van CapeNature, Hessequa-munisipaliteit, Werk vir Vuur, Garden Route-distriksmunisipaliteit en privaat grondeienaars.
Enige donasies van water, koeldrank of broodjies kan by die brandweerstasie afgegee word. - Vrygestel deur CapeNature namens die Hessequa gesamentlike bestuurspan
Lees 'n verwante aritkel: Inwoners by plantasie word ontruim
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'