STILBAAI NUUS - Die plantkundige, Hein Faber, het Vrydag 6 Oktober ‘n bonsai-werksessie by die herbarium by Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai gehou.
Feesgangers wat dit bygewoon het, het elkeen ‘n beginnerspak gekry om te gaan woeker by die huis.
Volgens Hein moet jy ‘n kunstige oog hê en iets weet van hortologie om werklik ‘n sukses te maak.
Verder is geduld ‘n moet.
In Japan is daar bonsaiboompies wat al vir 19 geslagte oorgedra word van pa na seun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’