Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Bekende fotograaf van Albertinia en ook korrespondent vir Suid-Kaap Forum, Mariska Visagie het weer 'n toptoekenning verower.
Dié keer is sy as beste troufoto-fotograaf in die Wes-Kaap deur die Global Wedding Awards op 7 Maart aangewys.
Visagie is verlede jaar by die MEA Business Awards as beste familie- en paartjiefotograaf aangewys.
Haar passie het agt jaar gelede begin en in 2013 het sy haar fotografiebesigheid, Creation Photography op die been gebring. Sy meen om troues af te neem, verg lang ure op jou voete, veral as dit van begin tot einde moet wees. Die werk stop egter nie daar nie, want lang ure agter die rekenaar volg om die foto's te verwerk.
"Om 'n bruidspaar af te neem, moet jy hulle op hul gemak laat voel. Dit sorg ook vir mooi, spontane foto's. Ek hou daarvan om foto's te neem wat 'n storie vertel. Foto's in die aand, veral wanneer dit reën, is altyd 'n uitdaging.
"My raad aan ander fotograwe is om altyd jou bes vir kliënte te gee. Dit is 'n belangrike dag vir die bruidspaar."
Vorige artikel: Fotograaf kry weer toptoekenning
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'