STILBAAI NUUS - Stilbaaier Johan Oelofse is tans op ‘n fietstoer om die lewe van sy oorlede vrou, Magriet wat op 29 Januarie vanjaar aan breinkanker dood is, te vier.
Johan het die fietstoer in Potchefstroom saam met Carin Duminy begin, wat haar dogter ook weens kanker verloor het. Hulle het die reis op 4 Oktober begin.
Magriet was ‘n kranige sportvrou. Sy het verskeie fietstoere aangepak en twee keer die Camino gestap, selfs nadat sy met breinkanker gediagnoseer is.
'n Versoek word aan Stilbaai se gemeenskap gerig om vir hom ‘n spesiale verwelkoming met sy aankoms, wat na verwagting volgende week sal wees, te reël.
“Ons voel dat dit die ideale geleentheid is om mense wat in die huidige omstandighede van die pandemie en diegene wie se geliefdes wat aan ongeneeslike siektes ly, te bemoedig,” het Colleen van Staden in 'n epos aan Suid-Kaap Forum gevra.
Johan se reis kan op die Facebook blad gevolg word: Miles to Celebrate the life’s and legacy of Magriet and Ditri. Sy kontaknommer is 082 516 0605.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'