Update
STILBAAI NUUS - Die aanvanklike klag van roekelose en nalatige bestuur in na strafbare manslag verander omdat die fietsryer wat Donderdagmiddag op die R305, net buite die dorp deur 'n voertuig omgery is, Dinsdagmiddag 23 Oktober gesterf het.
Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die departement van gesondheid, was hy vanaf Riversdal-hospitaal na die hoësorg-eenheid in George oorgeplaas.
Kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder van Stilbaai-polisie het gesê dat lede om ongeveer 17:00 na die botsingstoneel op die R305 naby Julie se Baai gegaan het.
"Die 57-jarige fietsryer, Julie Michaels van Melkhoutfontein veelvoudige beserings opgedoen en is in 'n baie ernstige toestand. Hy het egter Dinsdag aan sy beserings beswyk."
Lees 'n vorige artikel hier: Fietsryer raakgery op R305
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'