Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO'S - Daar is Saterdag 22 September heerlik in dié kusdorp feesgevier.
Tydens die Harcourts Hessequa Heritage Festival wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied is, kon feesgangers kies en keur uit ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed by die Brood- en beskuitfeesgedeelte.
Ongeveer 200 deelnemers het onder perfekte weersomstandighede aan die 5 km- en 16 km-wedlope deelgeneem.
Laasgenoemde roete het by die getypoel in Jongensfontein begin en deelnemers al langs die kus en langs die Goukourivier tot by die eindpunt geneem.
Die korter 5 km-gedeelte het by die Skulpiesbaai Natuurreservaat begin en dieselfde roete gevolg.
Die korter roete is veral gewild onder kinders, maar ook onder diegene wat dit teen ’n stadiger pas aanpak om nie net hul asems te spaar nie, maar ook die natuurskoon te bewonder en met ’n geselsie of twee op te vang.
Kyk 2 video's hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'