RIVERSDAL NUUS - Riversdal Amateur Toneel- en Musiekvereniging (RATEM) bied vanaf 29 Augustus tot 1 September hul jaarlikse eisteddfod aan.
Alle skole in die omgewing word genooi om deel te neem. Die sillabus met alle inligting is aan skole uitgestuur.
Leerders kan aan musiek, drama, kuns, skryf en dans, 'n nuwe afdeling in die sillabus deelneem.
Of jy deelneem en of jy bloot net kuns waardeer, is dit jou kans om deel van 'n groot en heerlike kunstefees te wees. Die program sal by Nieu-Script beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'