Update
JONGENSFONTEIN NUUS - ‘n Aand waar heerlike kerriegeregte genuttig kan word, word op Saterdag, 5 Junie by Privelistea net buite Jongensfontein aangebied met al die opbrengste wat aan Stilbaai se NSRI geskenk sal word.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat slegs van vrywilligers gebruik maak en van skenkings afhanklik is.
Dié organisasie speel ‘n uiters belangrike rol in die voorkoming van verdrinkings en lewensredding in Stilbaai sedert dit die eerste NSRI-stasie is wat in 1967 gestig is.
Kaartjies vir hierdie outentieke Indiese kerrie-aand word teen R150 elk verkoop en die buffetete sluit geregte in soos lamen hoenderkerrie, dahlkerrie, lambreyani, samoesas met bygeregte. Etes kan ook weggeneem word.
Kaartjies is beskikbaar by Salon BeYouTiFul, Pro-Cell Olienhoutlaan 9, asook by Seesig Superette (Jongensfontein). Daar is heelwat pryse wat gewen kan word soos ‘n bootrit-ervaring saam met die NSRI, ‘n aand vir ‘n paartjie by ‘n gastehuis, geskenkbewyse van skoonheidsalonne en kruideniersware.
Volgens die organiseerders dra die gemeenskap gulhartig by met donasies en borge om van dié aand ‘n groot sukses te maak en sodoende Stilbaai se NSRI te ondersteun.
Vorige artikel: Ondersteun NSRI met ete
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'