Update
RIVERSDAL NUUS - Hoewel daar geen gevalle van Covid-19 aangemeld is nie, is die twee tehuise vir bejaardes op Riversdal vanaf Maandag, 31 Mei tydelik gesluit.
"Ons het dié besluit reeds vóór die effens strenger aangepaste maatreëls van vlak twee geneem," sê Chris Veldsman, bestuurder van die Droomdienssentrum wat Jan Lange en Ou Meule bedien.
Hy sê daar is wel gevalle in tehuise in Mosselbaai aangemeld.
"Ons tree pro-aktief op en ons is gereed vir 'n moontlike derde vlaag van die pandemie. Ons gesondheidwerkers is reeds ingeënt."
Volgens Veldsman het hul inentingprogram vir mense ouer as 60 op 1 Junie begin.
"Al die bejaardes in die twee tehuise sal toegang tot die entstof hê. Ons sal 'n week lank egter onder algehele inperking wees, ter wille van ons inwoners se veiligheid. Dit sal ons ook die geleentheid bied om die bejaardes se toestand te moniteer en om sodoende moontlike newe-effekte te behandel indien nodig."
Ou Meule-tehuis in Kerkstraat, Riversdal.
Vorige artikel: Tehuise tydelik gesluit
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'