STILBAAI NUUS - Melkies spog met drie nuwe leerkragte.
Vicky Jacobs woon in Jongensfontein en het op haar dag by Kovsies studeer.
Sy het besluit om weer haar gewig by onderwys in te gooi en is by Graad 1.
Nicole Juta is van Riversdal en het deur Unisa studeer.
Heel gepas begin Nicole haar onderwysloopbaan met 'n Graad 1 klas.
Aneka Venter het in Wellington studeer en hierdie is ook die begin van haar onderwysloopbaan.
Sy gaan klasgee vir Graad 3 leerders.
Aldrie van hulle is vuur en vlam en baie opgewonde vir wat wag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’