RIVERSDAL NUUS - Die Hessequa-dominoklub het Dinsdag 21 April vir kinders in Panorama-woonbuurt sop en broodjies uitgedeel.
“Die bestuur van die klub het besluit om iets vir die gemeenskap en veral die kinders te doen,” het Freek (Vaatjie) Adams, voorsitter van die klub gesê.
Kinders van alle ouderdomme, ’n paar volwasse mans en ma’s met ’n baba op die heup of aan die hand het voor die Adams-egpaar se huis in Panoramastraat vir die geurige, dik groentesop tougestaan.
Die bestanddele is deur weldoeners in die gemeenskap geskenk en twee groot potte sop - genoeg vir 100 mense - is voorberei. Wit- en bruinbroodtoebroodjies is gemaak en saam met die sop uitgedeel.
Klublede Mattewis Hendricks en Kosie Saayman het gesorg dat diegene in die ry ’n goeie ent uitmekaar staan, terwyl Nico Joseph reggestaan het om reiniger op die hande te spuit. Buiten om die toebroodjies uit te deel, het Katie Longwe ook vir die kleingoed gewys hoe om hul handjies deeglik te reinig.
“Die gesinne kry swaar, want weens die inperking kan die ouers nie werk nie en is daar nie ’n inkomste nie,” het hy gesê. “As al die kinders wat opdaag iets te ete gekry het, sal ons die res vir bejaardes in ons gemeenskap gaan uitdeel.”
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'