STILBAAI NUUS - Die bekende en beminde Joggie Kastner, oudinwoner van Stilbaai het Vrydag 26 Mei in die Carewell-hospitaal in Stilbaai gesterf.
Die 79-jarige oom Joggie en sy vrou Bettie het die laaste tyd in Albertinia gewoon, maar was vir jare inwoners van Stilbaai.
Oom Joggie het vir 11 jaar lank die bekende Brugstories bedryf tot in Februarie 2014.
Hy het gelewe om ander te dien en was na sy aftrede onder andere die ondervoorsitter van Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum en in sy tyd ook lid, klubpresident en distriksgoewerneur van die Lions.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’