HEIDELBERG NUUS - Regeringsdepartemente het dringende aandag aan verskeie sosiale euwels gegee.
Gesprekvoering en toneelspel is gebruik om drank- en dwelmmisbruik asook bendebedrywighede, misdaad, swangerskap en liefdesverhoudings aan te spreek.
Die plaaslike polisie onder leiding van sers. Imorgene Hendricks, in samewerking met korrektiewe dienste, maatskaplike dienste, Working on Fire (WoF) en al die skole op die dorp het saamgespan.
Die groep rolspelers het Donderdag 17 Mei graad 6 tot 9 leerders by Slangrivier Primêr met dramaopvoerings en kort inligtingsessies, die verskeie uitdagings wat hulle as jeudiges in die gesig staar, probeer uitwys.
Die WoF-span het deur hul toneelspel die gevare van drank- en dwelm misbruik, swangerskap en liefdesverhoudings uitgebeeld. Die polisie en korrektiewebeamptes het die gevare van bendebedrywighede en misdaad aan hulle uitgestippel deur kort maar saaklike toesprake met hulle te deel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'