HESSEQUA NUUS - Sportspanne van oor die streek het Saterdag 27 Oktober aan die 11de jaarlikse sportdag op Heidelberg deelgeneem.
Sportlui het met vlotte en vragmotors in hul spankleure uitgedos na Heidelberg se sportveld gery, om die dag met allerlei sportsoorte en vermaaklikhede deur te bring.
Hierdie jaar was die dag bekend as die Leon 'Spiertier' Paige gedenksportdag, opgedra aan die legendariese sportman en gemeenskapsleier wat vroeër die jaar oorlede is.
Die Outsiders, wat deur Carlin Wewers afgerig word, het die rugbystryd gewen en Civils 2000 die netbal.
Van die spanne wat deelgeneem het, is die Bentonite-span, Tigers, Stings, Civils 2000 en Civils 2000 vrouespan, Happy Hearts en Outsiders.
Die raakrugby was Dinsdag, krieketwedstryde Woensdag en 'n dans Vrydagaand wat deur Humpy Moolman, vurige rugbyondersteuner gereël is.
"Almal is tevrede dat nog 'n poging om die gemeenskap deur middel van sport bymekaar te bring, uiters geslaagd was. Namens myself en die komitee wil ek al die spanne wat ingeskryf het, almal wat van ver af gekom het om ons te ondersteun en ons borge bedank," het Julian Buis, organiseerder gesê.
Vanjaar se begunstigdes is Kairos Senior Sekondêr en die plaaslike rugbyklub. Volgens Buis het hulle ongeveer R30 000 hekgeld geïn.
Elke jaar baat 'n ander instansie wat met dié dag ingesamel word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'