HESSEQUA NUUS - Mans van 40 jaar en ouer kan hulle gedurende Julie by KANSA-sentrums of mobiele klinieke vir prostaatkanker laat toets.
Die kanker, wat een in 19 mans bedreig, is ’n sluipende gevaar omdat daar nie simptome is nie.
Dit kan dodelik wees indien dit te laat gediagnoseer word, maar mits dit betyds ontdek word, is die prognose goed.
Die simptome sluit gereelde en pynlike urinering, urine wat lek, of bloed in urine en semen in. Dit kan ook diep pyn in die laerrug, heupe of bobene veroorsaak.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'