Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Diewe het Maandagnag, 19/20 Julie die kragsubstasie in Joe Slovo Park, Heidelberg van sy dakplate verwyder en weggedra.
Volgens inligting het van die werkers by die substasieverbygery toe hulle opmerk dat van die dakplate weg is.
Met nadere ondersoek het hulle vasgestel dat twee plate weg is en die ander was ook losgemaak om waarskynlik die volgende aand te kom haal.
Foto's: Joe Slovo kragstasie deur diewe gestroop
'n Moersleutel is op die toneel agtergelaat.
Groot skade kon aan die kragtoevoer aangerig gewees het indien die toerusting natgereën het. Behalwe die finansiële onkostes kon dit veroorsaak dat die hele Joe Slovo Park en Diepkloof sonder krag sou wees.
'n Dringende beroep word weer eens op inwoners gedoen om nie gesteelde goedere aan te koop nie.
Kyk 'n video hieronder:
Hierdie stukkie gereedskap is op die toneel agtergelaat. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'