Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Die Hessequa-streek is hoofsaaklik ‘n boeregemeenskap en Riversdal spog met ‘n baie bekende landbouskool, die Hoër Landbouskool Oakdale.
Vir meeste van dié kontrei se inwoners is die geboorte van ‘n kalfie niks vreemds nie, maar tog is hier wel lede van die gemeenskap – en veral in dorpe en stede in ander provinsies – wat nog nooit die voorreg gehad het om dié wonderwerk te aanskou nie.
Aletta Sutherland, Suid-Kaap Forum se korrespondent op Heidelberg is boonop ook ‘n knap jong boervrou en het dié video van ‘n kalfie se geboorte gemaak.
In dié geval het die koei hulp nodig gehad om haar kalf in die lewe te bring, maar beide is tans in goeie gesondheid.
Kyk die video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'