JONGENSFONTEIN NUUS - Die Jongensfontein Inwonersvereniging (JIV), in samewerking met Coastal Cleanup Conservation gaan op 16 September, wat Internasionale Kusskoonmaakdag is, 'n gedeelte van die kuslyn wes van Jongensfontein skoonmaak.
"Hierdie 1.7 km kuslyn is 'n gewilde staproete en is besaai met rommel wat hoofsaaklik vanaf bote hier beland," sê Marinda van Aardt, een van die organiseerders.
"Alle belangstellendes kan dié dag om 09:00 vir 09:30 by die Seesig Kafee op Jongensfontein opdaag om te help. Indien moontlik moet die volgende saamgebring word: 'n Rugsakkie met handskoene, water, reënbaadjie, sonbrandmiddel, 'n hoed en 'n tang.
Vir meer inligting skakel Naas Palmer by 082 630 0230 of Van Aardt by 071 234 9114. Volgens haar is dit belangrik dat belangstellendes vooraf aan haar 'n Whatsapp of SMS stuur met die naam en aantal mense wat dit sal bywoon.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'