Video
HEIDELBERG NUUSFLITS en VIDEO - Vrouemaand en vrouwees word gedurende Augustus gevier en daarom fokus ons ook op die rol wat vroue op plase speel.
Tydens 'n kalfgrootmaak-kursus het die aanbieder, Andy Rothman beweer dat ‘n vrou se moederlike instinkte haar ‘n groot voordeel op hierdie gebied gee. Kunsmatige insiminasie is ook makliker as gevolg van vrouens se fyner arms en sagter aanvoeling.
“Elke vrou kan haar plek in die boerdery vind en ‘n groot bydrae maak. Die las van rekordhouding en banksake kan baie druk van die man afhaal.”
Suid-Kaap Forum het besluit om ondersoek in te stel en ‘n paar boere gevra om hul ervaring met ons te deel. Volgens Esja van Niekerk geniet sy dit om saam met haar vriend, Heinrich Oosthuizen te boer.
Sy eksperimenteer graag met nuwe administrasie tegnieke om op hoogte van elke koei of kalfie se wel en weë te bly.
Annetjie Keyser wys dat ‘n vrou kan boer en ook mooi lyk. “Om te boer is interessant, daar is baie uitdagings. Dis ‘n geloofsdaad, jy doen alles met vertroue en geloof. As dit nie uitwerk nie, moet jy dit aanvaar en altyd positief wees. Terugslae is ‘n leerskool."
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
VIDEO & FOTO: ALETTA SUTHERLAND
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'