STILBAAI NUUS - Die oplettendheid en skerp waarnemings van buurtwagte is onontbeerlik in die beveiliging van 'n gemeenskap.
Só sê Pieter Lategan, die hoofkoördineerder van die buurtwagte in Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein.
Enigiemand wat belangstel om saam met die polisie te werk om 'n bydrae tot 'n veiliger gemeenskap te maak, sal op Vrydag 25 Oktober om 18:00 in Stilbaai se gemeenskapsaal geleentheid kry om by die buurtwag aan te sluit.
Volledige inligting oor pligte en verantwoordelikhede sal verskaf word. Daar is geen aansluitingsfooie nie.
Opleiding en toerusting sal mettertyd verskaf word. Vir enige navrae kan Lategan by 082 808 6559 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'