HESSEQUA NUUS - Weet jy wat in jou dorp gebeur, wie dalk die grootste vrugte of groente in sy tuin het, van iemand wat 100 jaar oud word of sommer net enige interessante brokkie?
Hoekom deel jy dit nie met die res van die gemeenskap nie?
Die beste manier om dit natuurlik te doen, is om Suid-Kaap Forum te kontak (028 713 2468), of selfs een van ons korrespondente:
Clive Pretorius op Heidelberg (073 332 8992), Mariska Visagie (084 563 7448) of Heinrich Fortuin (062 163 4112) op Albertinia of Christiaan de Swardt (083 627 7197) op Riversdal. Op Stilbaai kan die nuwe korrespondent, Kate Bester (078 968 5445) geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'