HESSEQUA NUUS - Weet jy wat in jou dorp gebeur, wie dalk die grootste vrug of groente in sy tuin het, van iemand wat 100 jaar oud word of sommer net enige interessantheid?
Hoekom deel jy dit nie met die res van die gemeenskap nie?
Die beste manier om dit natuurlik te doen, is om Suid-Kaap Forum te kontak (028 713 2468) of die redakteur, Wilma Adamson (082 636 1879).
Op die verskillende dorpe in die Hessequa-streek kan een van ons korrespondente gekontak word:
Clive Pretorius op Heidelberg (073 332 8992), Mariska Visagie (084 563 7448) of Heinrich Fortuin (062 163 4112) op Albertinia, Christiaan de Swardt (083 627 7197) op Riversdal en Johan Victor (078 083 3304) op Stilbaai.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'