HEIDELBERG NUUS - Heidelberg gemeenskapspolisieforum (GPF) se lang verwagte algemene jaarvergadering vind Donderdagaand, 8 April plaas.
Die vergadering, wat reeds op 3 Desember 2020 moes plaasvind, kon nie geskied nie omdat daar nie 'n voldoende kworum teenwoordig was nie.
Dit was toe tot 17 Desember uitgestel, maar was ook afgelas as gevolg van die styging in die Covid-19 gevalle. Dit sal weer in die Duivenhoks-gemeenskapsaal gehou word.
Instansies wat graag wil deel vorm van die GPF kan die aansoekvorm by die polisiestasie afhaal, of met ao Alroy Windvogel (082 522 1245 ), plaaslike kommunikasiebeampte in verbinding tree om 'n vorm te bekom.
Volgens Windvogel moet die voltooide vorms teen Donderdag, 1 April by die dienssentrum teen 16:00 ingehandig word. Geen vorms sal na die spertyd aanvaar word nie.
"Instansies moet dan aandui wie hul verteenwoordiger sal wees en moet die verkose verteenwoordiger 'n geloofsbrief by die AJV indien om stemreg te geniet," het Windvogel benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'