RIVERSDAL NUUS - Chris van Schalkwyk, 'n plaaslike nutsman wie se hande vir niks verkeerd staan nie, het onlangs 'n vergete begraafplaas op die Nothnagel-familieplaas net buite Riversdal gaan skoonmaak.
Dié begraafplaas in die Novo-distrik is erg verwaarloos en deur indringerplante toegegroei. Die skoonmakery het oor drie maande gestrek.
Chris het aan Suid-Kaap Forum vertel sy ouma, Magrieta van Schalkwyk, is in 1945 daar begrawe en hy het gereken dat hy die plek wou skoonmaak en omhein ter nagedagtenis aan haar.
Maar met die skoonmaakproses kom hy toe af op 10 ander onbekende grafte. Dit het hom laat wonder of daar ander inwoners van Riversdal of Hessequa is wie se familie dalk daar begrawe is?
Mense wat kan help, is welkom om Chris te kontak by 082 926 5240.
Die digte bosse wat die vergete begraafplaas op die Nothnagel-familieplaas toegegroei het voordat 'n plaaslike nutsman dit skoongemaak het. Foto's: Chris van Schalkwyk
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'