STILBAAI NUUS - Charles Nowens van Tortuga Bay in Stilbaai en sy vrou het 'n groentetuin om op jaloers te wees.
Waar daar eens 'n paar vrugtebome was en later gevrek het, spog hulle nou met wortels, beet, spinasie, uie, boontjies, tamaties, patats en nog vele meer.
Om dit reg te kry in Stilbaai se dooie sand is merkwaardig, maar dis eintlik 'n eenvoudige resep.
Hy gebruik mis en fyn grassnysels wat hy in die bedding inwerk en deeglik deurmekaar woel met die hulp van sy twee handlangers, die graaf en die spitvurk.
Dis baie duidelik dat hier baie ure se harde werk ingesit word as jy so na die beddings kyk en dan wonder jy of hy regtig later in die jaar 88 jaar oud word.
Hulle sê nie verniet dat ouderdom net 'n nommer is nie.
Pragtige groentebeddings.
Spinasie en beet in die bedding teen die heining waar die grenadella rank.
Koejawels waak oor die groente.
Wortels en beet floreer hier.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'