Update
STILBAAI NUUS - Community Animal Rescue Society (CARS) se hondehokboukompetisie op Stilbaai het gesorg dat 'n hele paar honde nuwe, warm slaapplekke gekry het. Die kompetisie het Saterdag, 1 Augustus gesluit.
Die wenner is tydens 'n gesellige kuierdag by 'n gastehuis op die dorp aangekondig.
Die wenhok wat deur die Esterhuizen-gesin gebou is, is opgeveil terwyl al die ander inskrywings in Melkhoutfontein uitgedeel is. Volgens Stilbaai-koördineerder Nicole Botha sal foto's van die hokke saam met hul nuwe eienaars binnekort op Facebook gedeel word.
Die hoogste bod vir die wenhok is op Jason Barnes toegeslaan. Die geld wat met dié inisiatief ingesamel is, sal CARS help om troeteldiereienaars in Hessequa wat in geldnood verkeer, by te staan.
'n Hele klompie mense het die dag saam met CARS geniet.
Die weninskrywing het selfs potplante voor die venster. Foto's: Deona Aucamp
Vorige artikel: CARS-kompetisie sorg vir woefslaapplekke
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'