TUINROETE NUUS - ‘n Man wat net na middernag (13 Junie) na bewering ‘n gryskleurige Cadillac in Marshstraat, Mosselbaai gesteel het, is deur lede van provinsiale verkeer op die N2 agternagesit.
Die man het na ‘n jaagtog eindelik by die Albertinia Engen-vulstasie beheer verloor, die voertuig het deur die heining gebars en teen ‘n wendyhuisie tot stilstand gekom.
Hy is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal van voertuig. Sover bekend het hy geen beserings opgedoen nie.
Hy sal in die week in Mosselbaai-landdroshof verskyn vir borgtogaansoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'