HESSEQUA NUUS - AfriForum Riversdal-buurtwag en AfriForum Albertinia-plaaswag het die naweke van 19 en 26 Augustus Vlak 1 noodhulpopleiding deur Thwala Training Services ontvang.
Lede het onder andere opleiding gekry in skokbehandeling, stop van bloeding, brandwonde en fraktuur-behandeling.
In diepte opleiding is ook gegee in kardiopulmonêre resussitasie (CPR) en lugwegobstruksie, asemhaling en sirkulasie.
AfriForum Hessequa se takvoorsitter, Vivian Louwrens, het vir Gerrie du Toit en Estowan Griessel, wat die kursusse aangebied het, asook Magriet du Toit en Estie bedank vir die professionele manier waarop die opleiding aangebied is.
"Hierdie kan vir seker aanbeveel word vir enige opleidingsdienste in noodhulp en talle ander. Jy stap in as student, maar stap uit as 'n opgeleide vriend," het Vivian gesê.
Agter, van links is Estowan Griessel, Nico Cronjé, Theo Erasmus, Charles Prins, Bronwyn Minnie, Phoebe Ann Willemse en Gerrie du Toit. Middel: Wessel Cronjé en James Linde. Voor: Sanita Wiid en Jorika Linde.
Agter van links: Gerrie du Toit, Vivian Louwrens, Tia Badenhorst, Yolandie Cronje, Jan Streicher en Michelle Spies. Voor van links: Kyla Burden, Ingrid Louwrens en Isabel Cronje.
Agter, van links is Estowan Griessel, Nico Cronjé, Theo Erasmus, Charles Prins, Bronwyn Minnie, Phoebe Ann Willemse en Gerrie du Toit. Middel: Wessel Cronjé en James Linde. Voor: Sanita Wiid en Jorika Linde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’