HEIDELBERG NUUS - Dié dorp se slangvanger het Saterdagmiddag 15 Desember gesterf nadat hy deur ’n 1,7m bruinkapel gepik is.
Jan Pieters (54) was op pad om dit in die veld vry te laat, toe hy op die hoek deur mense gevra is om foto’s van hom en die slang te neem.
Hy het toe blykbaar sy greep verloor en die slang het hom tussen sy twee middelvingers pik.
Hy het die slang gaan vrylaat en dadelik huiswaarts gekeer. Sy hand was erg geswel, maar het eers gekeer dat sy huismense die ambulans ontbied. Na ’n rukkie het hulle dit wel gedoen, maar dit was te laat om Pieters te red. Hy het om ongeveer 19:00 in Riversdal-hospitaal gesterf.
Buiten sy vrou Mina, laat hy nog drie dogters en ’n seun, asook vyf kleinkinders agter. Begrafnisreëlings was nog nie bekend nie.
’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.
Maria Esau wys na die bank waar sy die slang ontdek het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'