STILBAAI NUUS - Suid-Kaap Forum het klagtes ontvang omdat die Engen-vulstasie op Stilbaai nie brandstof aan verbruikers kan verskaf nie.
'n Erge verhoging in die brandstofprys tree vanaand om middernag in werking.
Een persoon het genoem dis omdat hulle rente op die geld kry voor die verhoging en dat daar wel brandstof is.
Suid-Kaap Forum het met die bestuurder, Patricia Slabbert gepraat wat aan die koerant gewys het dat die tenks wel leeg is.
Volgens haar was die probleem by Engen self en dat dit nou uitgesorteer is.
“Daar is nog drie vragmotors vir ons wat gevul moet word, maar ons sal dit nog teen vanaand kry," het sy gesê.
Lees 'n verwante artikel: Fuel price increase at midnight
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'