STILBAAI NUUS - Laat verlede jaar het die Stilbaai Plaaswaglede brandbestryding opleiding ondergaan om hulle te help met die voorkoming en blus van veldbrande.
Die Hessequa Munisipaliteit se brandweer kan onmoontlik nie binne minute by 'n veldbrand opdaag nie as gevolg van afstand.
Dikwels is dit net 'n paar minute wat die verskil maak in 'n gewone of reuse veldbrand en dan het jy iemand op die toneel nodig wat die vuur kan beperk of selfs uitwis.
Volgens Alison Bryant, voorsitter van die Stilbaai Gemeenskappolisiëring Forum, is dit juis om hierdie rede dat hulle die brandbestrydings kursus aangebied het vir plaaswaglede in die Stilbaai omgewing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’