HESSEQUA NUUS - Renatha Götz van Stilbaai is aangewys as Hessequa se braaibroodjiemeester.
Probeer gerus haar wenresep; dis watertandlekker:
- Volroom roomkaas
- Jalapeno (gesny in ringe)
- Dhania
- Beleë chedderkaas
- Mespunt vars knoffel
- Skeut vars suurlemoensap
Neem twee snye witbrood en smeer botter aan die buitekant.
Pak dan al die bestanddele op en braai die broodjie rustig oor stadige kole.
Draai broodjie gereeld om sodat alles smelt, maar nie brand nie.
Geniet as alles deurgaar is.
LEES MEER: Vroue oorheers braaibroodjiekompetisie
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'